
Hou politiek uit grondwetsontwerp, sê landbou-ekonoom
Loading player...
Met Namibië se nuwe Grondwetsontwerp op die tafel, sê landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher dat grondbesit nie as die enigste roete na suksesvolle boerdery beskou moet word nie. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat globale voorbeelde, soos die Amerikaanse Mid-Weste, wys hoe huurmarkte en alternatiewe finansiering produktiwiteit kan dryf. Maar hy waarsku dat sonder noukeurige beleid om kleinboere te beskerm en spekulasie te voorkom, beperkings soos 'n verbod op buitelandse eienaarskap meer skade as goed kan doen.