Die vakbondfederasie Saftu sê die instorting van die gebou in Ormonde in die suide van Johannesburg weerspieël 'n dieper krisis in die land se bousektor. Agt werkers is Maandag dood toe 'n gedeelte van die gebou wat nog in aanbou was, ingetuimel het. Een persoon word steeds vermis. Woordvoerder Asive…
Terwyl aanvalle in die Midde-Ooste uitbrei, sê die hoof van die Verenigde Nasies se kernwaghond, Rafael Grossi, Iran was nie naby ontwikkeling van 'n kernwapen nie, wat Amerikaanse president Donald Trump se bewering dat Iran 'n dreigende kernbedreiging inhou weerspreek. Op 'n vraag deur CNN se Becky Anderson of die…
Kunsmatige intelligensie is in die kollig nadat Amerikaanse militêre spanne Anthropic se KI-bot Claude gebruik het vir militêre intelligensie voor die aanval op Iran. Dit bring kommer oor werksekerheid weens KI weer na vore. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidskenner Tim Parkhouse gepraat wat raad gee vir jong werksoekers.
Die Alexandra-landdroshof in Johannesburg het die borgtogaansoek van die seun van die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe, Bellarmine, en sy medebeskuldigde, Tobias Mugabe Matonhodze, tot Donderdag uitgestel weens uitstaande dokumente en kragprobleme. Die twee word aangekla van poging tot moord en regsverydeling na 'n skietvoorval by hul huis in Hydepark…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.