Groot afwagting vir Egiptiese beraad

Loading player...
President Donald Trump van Amerika en sy Egiptiese ampsgenoot, Abdel Fattah al-Sisi, bied vanmiddag in Sharm el-Sheikh ʼn beraad vir meer as 20 wêreldleiers aan. Die beraad wil die oorlog in die Gaza-strook beëindig, pogings verskerp om vrede en stabiliteit in die Midde-Ooste te bewerkstellig, en ʼn nuwe era van sekuriteit en bestendigheid in die streek inlui. Hulle sal ook die volgende fase van Trump se 20-punt-vredesplan bespreek. Trump sal vanoggend die Israeliese Knesset toespreek. Hy het met die media oor die beraad gepraat voor hy vertrek het.
13 Oct 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ithindi tevrede met vordering van gesondheidsprojekte

Die uitvoerende direkteur van die gesondheidministerie, Penda Ithindi, het die vordering met belangrike gesondheidsprojekte in die Oshana-streek geprys, insluitend 'n nuwe waakeenheid by die Oshakati Intermediêre Hospitaal. Tydens 'n besoek het hy die dringende behoefte aan tydige voltooiing beklemtoon om pasiëntoorplasings na Windhoek te verminder en lewens te red. Ithindi…
19 Oct 6AM 1 min

Patrice Motsepe wil nie ANC-president wees nie

Die miljardêr-sakeman en CAF-president Patrice Motsepe sê hy sal nie vir die ANC-presidentskap in 2027 staan nie, ten spyte daarvan dat hy deur partylede genader is. Motsepe het tydens die SANEF-galadinee in Johannesburg gesê Suid-Afrika het nie 'n ryk man as president nodig nie, maar eerder bekwame, talentvolle mense. Hy…
19 Oct 5AM 1 min

SA regering soek 'ware hervorming in IKT-sektor

Die minister van kommunikasie, Solly Malatsi, sê die regering is daartoe verbind om ware hervorming in die IKT-sektor te dryf. Tydens 'n beleidsvergadering in Pretoria het Malatsi frustrasies oor die gaping tussen potensiaal en lewering erken en gewaarsku dat gefragmenteerde beleid sektorgroei bedreig. Malatsi het die behoefte aan dringende optrede,…
19 Oct 4AM 1 min

Amptenare kry trekpas oor onwettige dokumente

Die ministerie van binnelandse sake het sedert 2020 altesaam 21 amptenare afgedank weens die onwettige uitreiking van nasionale dokumente en permitte. Volgens minister Lucia Iipumbu is verskeie skuiwergate met die uitreiking van geboortesertifikate gevind en maatreëls is in werking gestel om die stelsel te versterk. Iipumbu het in die parlement…
19 Oct 3AM 1 min

SA polisie neem duisende inhegtenis

Die polisie se eenhede vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings het in September 2 320 verdagtes landwyd in hegtenis geneem vir verkragting, seksuele aanranding en ontvoering. Die Wes-Kaap het die hoogste arrestasies aangeteken met 536, gevolg deur Gauteng met 459 en 360 in KwaZulu-Natal. Ses-en-veertig van die oortreders het lewenslange…
19 Oct 2AM 1 min