
Koolstofdioksied bereik rekord hoogtepunt in 2024
Loading player...
Die Wêreld Meteorologiese Organisasie sê koolstofdioksied-vlakke in die atmosfeer het in 2024 rekordhoogtes bereik wat tot langtermyn-temperatuurstygings kan lei. Van 2023 tot 2024 het die wêreld se gemiddelde koolstofdioksied-konsentrasie met 3,5 dele per miljoen toegeneem. Dis die grootste styging sedert moderne meting in 1957 begin het. ʼn Woordvoerder van die organisasie, Oksana Tarasova, sê fossielbrandstof en ʼn toename in veldbrande het die CO2-vlakke die afgelope jaar laat styg: