
Diepte-beplanning sal Bokke deurhaak, sê Rassie
Loading player...
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle is goed geplaas voor ’n veeleisende seisoen waarin die groep se diepte belangrik sal wees. Die wêreldkampioen se seisoen begin op 20 Junie in Gqeberha met ’n wedstryd teen die Barbarians voordat hulle Nasieskampioenskap-veldtog op 4 Julie op Ellispark afskop teen Engeland. Nege-en-veertig spelers woon hierdie week ’n Springbok-belyningskamp in Kaapstad by. Erasmus sê langtermyn-beplanning is belangrik:

