
VF+ jeug sê ANC, EFF vuur geweld op kampusse aan
Loading player...
Die Jeugafdeling van die Vryheidsfront Plus Jeug sê die ANC en EFF se rasgebaseerde retoriek veroorsaak onrus en geweld op universiteitskampusse. Dit volg na betogings by die Universiteit van die Vrystaat oor bewerings dat die nuwe finansiële beleid volgens ras diskrimineer. VF Plus-jeugleier Chriszaan du Plessis sê die beleid is redelik en raak nie studente van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente nie. Du Plessis beskuldig sommige groepe daarvan dat hulle dit in 'n rassekwessie omskep: