
Namibies-Duitse 'People of Song' se wêreldpremière by NTN
Loading player...
Vrydag en Saterdag sal die Nasionale Teater van Namibië die wêreldpremière van die Namibies-Duitse musiekteaterproduksie, People of Song, aanbied. Die produksie, wat ook deel vorm van die 25ste herdenking van die tweelingverbond van Windhoek en Berlyn, beoog om die verhaal van koloniale geskiedenis te vertel deur 'n storie wat stemme van beide lande saamsmelt. Na hierdie première sal die produksie in 2026 na Berlyn reis. Kosmos 94.1 Nuus het met mede-regisseur, Jason Kooper, gesels vir meer.