
SA-China steenvrugte-handelsprotokol 'deurbraak vir landbou'
Loading player...
Die DA verwelkom die ondertekening van ʼn belangrike steenvrugte-handelsprotokol tussen Suid-Afrika en China en sê dis ʼn deurbraak vir die landbousektor. Die ooreenkoms maak die Chinese mark toeganklik vir vyf soorte Suid-Afrikaanse steenvrugte, naamlik appelkose, perskes, nektariens, pruime en pruimedante. Willie Aucamp van die DA sê oop deure na Asië en ander streke met groot aanvraag sal Suid-Afrikaanse landbou help om meer mededingend te wees en dit beter beskerm teen wêreldwye handelskokke: