
Omusati-streek assesseer weiding-, ander skade na Etosha-brand
Loading player...
Wydverspreide veldbrande wat onlangs weivelde in die Otamanzi-kiesafdeling van die Omusati-streek verwoes het, is onder beheer gebring, maar plaaslike veeboere staar nou 'n ernstige weidingskrisis in die gesig. Die brand, wat van Etosha Nasionale Park na dele van die Omusati- en Oshana-streke versprei het, het groot stukke weiveld vernietig en verskeie heinings beskadig. Kosmos 94.1 Nuus het met Omusati-goewerneur Immanuel Shikongo gepraat, wat sê sy kantoor doen steeds assessering van die skade aan huise en vee.