Woord vir Vandag - 21 Okt 2025

Loading player...
“U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is.” Jesaja 26:3 NLV

God se antwoord op angs (4)

Dr D. James Kennedy het geskryf: ‘’n Gepaste grafskrif vir die meeste mense deesdae sou ‘Hurried, worried and buried’ wees. Ons wens dikwels dat ons van al ons verantwoordelikhede en bekommernisse kan wegstap. Die uitvoerende hoof van een klein maatskappy wat op pad was om bankrot te speel, het besluit om juis dit te doen. Hy het sy maatskappy se vise-president ingeroep en gesê: ‘Ek is nou keelvol daarvoor om my oor hierdie maatskappy te bekommer. As jy my pos oorneem en al my bekommernisse namens my hanteer, sal ek vir jou ‘n salarisverhoging van R50,000 gee.’ Verbaas en verbysterd deur hierdie ruim aanbod (en met kennis van die benarde finansiële toestand waarin die maatskappy verkeer), het die vise-president gevra: ‘Maar waar gaan jy ‘n ekstra R50,000 kry?’ Die baas het geantwoord: ‘Dis jou eerste bekommernis!’ William Gladstone, Eerste Minister van Engeland, was ‘n Christen wat die Here gedien het. Op die muur van sy slaapkamer het ’n portret gehang met die volgende teks daarop geborduur: ‘U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is.’ Dit was die eerste ding wat Gladstone gesien het wanneer hy in die oggend wakker word en die laaste ding wat hy gesien het voor hy gaan slaap het. Dit is die geheim tot vrede! Ons kan ook hierdie vrede hê, want ons weet dat die Een op wie ons ons gedagtes gevestig het, die Een is wat alles ten goede vir ons laat saamwerk. Steel die woeste tempo van die moderne lewe jou vrede? Indien dit die geval is, kom tot stilstand en fokus weer op die Here. Besef dat Hy by jou is en dat Hy in beheer is, maak nie saak wat oor jou pad kom nie. Hou jou gedagtes op Hom en laat Hom jou sy vrede gee.’
19 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min