Woord vir Vandag - 22 Okt 2025

Loading player...
“Dit verklaar waarom ‘n man van sy pa en ma weggaan, saam met sy vrou lewe en hulle dan soos een mens word.” Genesis 2:24 NLV

Raad vir die skoonfamilie

Eight Ways In-laws Can Break Up a Marriage bied voorbeelde wat elke skoonfamilie moet laat stilstaan en dink: ‘1) Wanneer jou kind besluit om te trou, wees vyandig teenoor die persoon wat hulle gekies het. Dit beteken immers dat jou kind minder lief is vir jou en dus het jy die reg om ‘n wrok te koester. 2) Verwag dat hulle naweke en vakansies saam met jou moet deurbring en laat weet hulle dat jou gevoelens seergemaak is indien hulle dit nie doen nie. 3) Wanneer hulle probleme met hul maat ondervind, moedig hulle aan om terug huis toe te kom. Wanneer hulle dit doen, luister na hulle klagtes en wys enige ander tekortkominge wat hulle dalk vergeet het, ook uit. Onthou, druppel na druppel kan die rots laat wegslyt. 4) As hulle finansiële probleme het, red hulle daaruit. Bedel, leen of steel om hulle te help, maar laat weet hulle dat jy nooit sal toelaat dat hulle met minder moet klaarkom nie. 5) As hulle ‘n drank- of dwelmprobleem het, sê vir hulle dat hul maat hulle daartoe gedryf het. Almal het immers iemand nodig om te blameer. 6) As hulle die geleentheid kry om vir ‘n bevordering by die werk na ‘n ander dorp te trek, herinner hulle daaraan dat ‘familie’ belangriker as geld is en dat God hulle sal straf omdat hulle nie hulle ouers eer nie. 7) As daar kleinkinders betrokke is, bederf hulle. Wanneer die ouers beswaar maak, sê vir hulle om hulle neuse uit jou sake te hou, dis waarvoor kleinkinders daar is. 8) Wanneer jou kind ‘n argument met hul maat het, blaas die vlamme aan. Lojaliteit teenoor ‘n mens se gesin is ‘n wonderlike ding; met ‘n bietjie werk kan jy ‘n klein argument in ‘n grote verander en so ‘n huwelik opbreek.’
19 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min