Woord vir Vandag - 24 Okt 2025

Loading player...
“Sit ‘n wag voor my mond, Here, hou wag oor wat ek sê.” Psalm 141:3 NLV

Skinderstories!

As jy geneig is om te skinder, lees die volgende met aandag: ‘Ek vermink sonder om dood te maak. Ek breek harte en verwoes lewens. Ek is slinks en kwaadwillig. Hoe meer ek aangehaal word, hoe meer word ek geglo. Ek floreer op elke vlak van die samelewing. My slagoffers is hulpeloos; hulle kan hulself nie teen my beskerm nie, want ek het geen naam en gesig nie. Dis onmoontlik om my op te spoor. Hoe harder jy probeer, hoe meer ontwykend word ek. Ek is niemand se vriend nie. Sodra ek ‘n reputasie aantas, is dit nooit weer dieselfde nie. Ek kelder regerings, verwoes huwelike en laat onskuldige mense huil. Wie is ek? My naam is skinderstories!’ Salomo het gesê: ‘Skinderstories is so soet soos lekkers. Jy sluk dit maklik, en dit sink tot diep in jou gemoed’ (Spreuke 18:8 NLV). Ons moet noukeurig oplet wat Jesus oor die sonde van skinder sê: ‘Dít verseker Ek julle, julle sal op die oordeelsdag rekenskap moet gee van elke onverskillige woord wat julle sê. Op grond van wat jy nou sê, sal jy eendag vrygespreek of veroordeel word’ (Matteus 12:36-37 NLV). Eendag sal ons voor God staan om geoordeel en beloon te word. Openbaring 20:12 (NLV) sê: ‘…Daarna is die boekrolle oopgemaak…’ Daar gaan dus verskeie boekrolle wees. Kan een van hulle dalk die ‘boekrol van woorde’ wees? As jy glo dat dit moontlik is, sal jy nie iemand anders se hart breek deur hulle geheime oor te vertel, hulle vertroue te skend, hulle goeie naam skade aan te doen of hulle selfbeeld met bespotting en skimpe te ondermyn nie. Dawid het gebid: ‘Sit ‘n wag voor my mond, Here, hou wag oor wat ek sê.’ Dis ‘n gebed wat elkeen van ons op ‘n gereelde basis moet bid.
19 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min