Woord vir Vandag - 25 Oktober 2025

Loading player...
“Iemand is wys wanneer hy die lewe wil verstaan…” Spreuke 14:8 DB

Wees wys, gebruik jou oorleg

Salomo skryf: ‘Iemand is wys wanneer hy die lewe wil verstaan…’ ‘Iemand wat verstandig is, sien wanneer die onheil kom en vermy dit. Die onervare mens loop oopoë daarin vas en boet daarvoor’ (Spreuke 22:3 NLV). ‘Goeie beplanning bring sukses. Oorhaastige optrede kan jou duur te staan kom’ (Spreuke 21:5 DB). Die besluite wat jy in die verlede geneem het, bepaal waar jy vandag is. As jy jou toekoms wil verander, moet jy leer om beter besluite te maak. Laat die volgende tien beginsels jou lei: 1) Moet nooit permanente besluite volgens tydelike omstandighede maak nie. Wanneer omstandighede verander, mag jy dalk spyt wees. 2) Moenie toelaat dat jou emosies jou blind vir rede maak nie. Bid, weeg dinge versigtig op en baseer jou besluite op volwasse oordeel. 3) Omring jouself met wyse mense en put krag uit hulle gawes, sonder om deur hul kundigheid geïntimideer te word. 4) Neem tyd om al jou opsies te oorweeg. Wat vandag goed lyk, mag dalk nie meer môre so goed lyk nie. 5) Jy kan nie op elke front suksesvol veg nie, kies dus jou oorloë versigtig. Sekere dinge is nie werd om oor te baklei nie. 6) Neem tyd om al die feite te kry; anders kan jy dalk in die moeilikheid beland. 7) Oorweeg die gevolge van elke aksie. Vra jouself: ‘Is ek gereed om hierdie nou te hanteer?’ 8) Maak seker dat jou verwagtinge nie jou potensiaal of jou hulpbronne oorskry nie. Fokus op die gawes wat God vir jou gegee het, want dis waar jy sukses sal behaal. 9) Tyd is jou waardevolste bate; gebruik dit slim. 10) Moet nooit tou opgooi nie. Wees gewillig om foute te maak, daaruit te leer en so dikwels as wat nodig is, oor te begin om sukses te behaal.
19 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min