Woord vir Vandag - 26 Okt 2025

Loading player...
“Selfs al val ‘n regverdige mens sewe keer, hy sal elke keer weer opstaan…” Spreuke 24:16 NLV

Staan op en probeer weer

Thomas Edison het duisende eksperimente met verskillende soorte materiale in sy soeke na ‘n filament wat hy in koolstofgloeilampe kon gebruik, gedoen. Soos elke filament misluk het, het hy dit by die venster uitgegooi, totdat sy hoop mislukkings uiteindelik tot by die tweede verdieping van sy huis gestrek het. Eers ongeveer dertien maande ná sy eerste mislukking, het hy daarin geslaag om ‘n filament te vind wat die spanning van elektriese stroom kon weerstaan. Dit het as volg gebeur: Hy het nonchalant ‘n tikkie swartsel opgetel, dit met teer gemeng, dit in ‘n delikate draadjie gerol en besluit om ‘n filter van koolstof te gebruik. Hy het vyf uur aaneen gewerk om ‘n filament te maak, maar dit het in twee stukke gebreek voordat hy die vorm kon losmaak. Hy het twee spoele katoendraad opgebruik voordat hy ‘n perfekte filament ontwikkel het, net om dit te beskadig toe hy probeer om dit in die glasbuis te sit. Hy het twee dae en nagte wakker gebly voordat hy daarin kon slaag om een van die filamente in ‘n vakuum-verseëlde gloeilamp te sit. Toe hy die stroom aanskakel, het hy die gloed van elektriese lig waargeneem wat ons nou as vanselfsprekend aanvaar. ‘n Mislukking beteken nie noodwendig die einde nie; dit kan beteken dat jy een tree nader aan die oorwinning wat jy begeer, is. As jou poging misluk, probeer weer. Oorweeg ‘n nuwe perspektief. Neem tyd om die idee te oordink. Maak aantekeninge. Moet nooit op die doelwitte en drome waarin jy glo, opgee nie. God is deur al die ompaaie en vertragings by jou (sien Hebreërs 13:5-6). Wanneer jy vasberadenheid jou vriend, geduld jou dienskneg en God jou vennoot maak – sal jy sukses behaal!
19 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min