Woord vir Vandag - 27 Okt 2025

Loading player...
“Getroude mans, julle moet julle vroue liefhê…” Efesiërs 5:25 NLV

Wees lief vir en eer jou vrou

Daar is ‘n verhaal van ‘n direkteur en sy vrou wat op reis was en gestop het om petrol in te gooi. Die direkteur het ingegaan om die winkel te besoek en toe hy weer uitkom, het hy gesien dat sy vrou met die petroljoggie staan en praat. Toe hy haar later daaroor uitvra, blyk dit dat sy vroeër in haar lewe met die petroljoggie uitgegaan het. Die direkteur het selfvoldaan gevoel en gesê: ‘Jy is seker bly dat jy met my, ‘n direkteur, en nie met ‘n petroljoggie getrou het nie.’ Sy het geantwoord: ‘Nee, ek dink as ek met hom getrou het, sou hy die direkteur en jy die petroljoggie gewees het.’ Voor God vir Eva geskep en haar na Adam gebring het, het Hy gesê: ‘…Dis nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n metgesel maak, sy gelyke wat hom kan help’ (Genesis 2:18 NLV). Stop en dink oor die verskeie maniere waarop jou vrou jou aanvul en jou help. Jy sê: ‘My vrou weet reeds dat ek haar liefhet.’ Miskien, maar sy hou tog daarvan om jou dit te hoor sê. Sê dit van tyd tot tyd met blomme. Gee aandag aan die klein dingetjies wat sy doen om jou lewe beter te maak en komplimenteer haar daaroor. Wanneer sy praat, gee haar 100 persent van jou aandag en laat haar weet dat haar gedagtes en gevoelens vir jou saak maak. Gaan elke week op ‘n afspraak. Soos die jare plooie en ekstra ponde byvoeg, waardeer haar en die lewe wat julle saam opgebou het. Paulus het ‘n baie hoë standaard vir mans gestel: ‘Getroude mans, julle moet julle vroue liefhê net soos Christus liefde aan die kerk bewys het toe Hy sy lewe daarvoor gegee het’ (Efesiërs 5:25 NLV).
19 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min