Woord vir Vandag - 28 Okt 2025

Loading player...
“Versterk die moeë hande… Bemoedig dié wie se knieë swak word en knik. Sê vir dié wat bang is: ‘Wees sterk en moenie bang wees nie…’” Jesaja 35:3-4 NLV

Bemoedig iemand vandag

Elkeen van ons het bemoediging (ondersteuning wat selfvertroue en die wil om aan te gaan inspireer) nodig. Die woorde wat ons praat kan die mense rondom ons opbou of aftrek. Rebecca Barolow Jordan skryf: ‘Een van die eerste vrae wat ek graag vir Jesus elke oggend wanneer ek wakker word vra, is: ‘Hoe kan ek iemand vandag bemoedig? En vir wie?’ Hy is altyd getrou om te antwoord, dikwels deur sy Woord. Een oggend nadat ek daardie vraag gevra het, het ek Jesaja 35:3-4 gelees en ‘n praktiese antwoord gekry. Eerstens, ‘versterk die moeë hande.’ Dit kan onderwysers, haarstiliste, mammas, skrywers, sendelinge, pastore en ouers insluit. Vervolgings word daar in die teks melding gemaak om diegene wat ‘swak knieë’ het, te bemoedig. Ek het grootouers en senior burgers, veterane en selfs atlete met slytasie aan hul lywe in my geestesoog gesien. Die laaste kategorie, die wat bang is, kan waarskynlik almal insluit. Hierdie mense het nodig om die woorde: ‘Wees sterk en moenie bang wees nie,’ te hoor. Ek sukkel nie om mense te vind om te bemoedig nie. Ek moet egter daaraan werk om te onthou om na Jesus se antwoorde te luister en daarop te reageer. Die wonderlike is dat ek gewoonlik die een is wat bemoedig word wanneer ek iemand anders probeer opbou. Vra Jesus om jou vandag te help om iemand te bemoedig. Nooi Hom om deur jou te praat en wees voorbereid op sy antwoorde.’ Paulus het gesê: ‘Terwyl ons die kans het, moet ons dus goeddoen aan alle mense, maar veral aan medegelowiges’ (Galasiërs 6:10 NLV). Soos jy jou gedagtes met maniere om die geloof van ander mense te versterk vul, sal jy verstom wees oor hoe baie energie en seën jy in die proses ontvang.
19 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min