Woord vir Vandag - 30 Okt 2025

Loading player...
“In ‘n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie...” Spreuke 21:20 NLV

Die Bybel en jou beleggings (2)

Die Bybel leer ons twee dinge om finansieel vooruit te beweeg. 1) Jy moet wys wees wanneer jy belê. Wanneer iemand vir jou ‘n opbrengs op jou belegging beloof wat te goed klink om waar te wees – is dit gewoonlik! 2) Moenie net vir geld werk nie; laat jou geld vir jou werk. ‘In ‘n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie. ‘n Dwase mens gebruik alles op wat hy in sy huis het’ (vers 20 NLV). Daar is meer as een manier waarop jy jou geld kan verkwis. As inflasie jaarliks 3 persent beloop, maar die rente op jou spaargeld verdien net 1 persent, verloor jy 2 persent van jou koopkrag. Job het gesê: ‘Dit waarvoor ek gevrees het, het oor my gekom. Dit waarvoor ek bang is, het nou met my gebeur. Ek ken geen rus en vrede nie. Daar is vir my geen blaaskans meer nie, net moeilikheid’ (Job 3:25-26 NLV). As dit is hoe jy oor beleggings voel, lees die volgende: ‘Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys… Jou pad sal veilig wees. Jy sal nie struikel nie. Jy sal kan gaan slaap sonder om bang te wees… Jy hoef nie bang te wees dat teëspoed jou skielik sal tref nie. Die rampe vir slegte mense bedoel, sal nie oor jou kom nie. Die Here is jou beskermer. Hy sal sorg dat jy nie in ‘n strik trap nie’ (Spreuke 3:5-6, 23-26 NLV). Nie net wil God aan jou behoeftes voldoen nie, Hy wil aan die behoeftes van ander mense deur jou voldoen. Vir dit om te gebeur, moet jy wyse beleggingstrategieë hê.
19 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min