Woord vir Vandag - 31 Okt 2025

Loading player...
“In die huis van regverdiges is daar skatte…” Spreuke 15:6 NLV

Die Bybel en jou beleggings (3)

Om jou vrees vir beleggings te oorkom, moet jy die volgende drie dinge doen: 1) Raak vaardig. Voordat jy begin belê, moet jy die taal en nuanses van die aandelemark, vaste eiendom, gesamentlike beleggingsfondse en ander transaksies aanleer. Daar is ‘n magdom inligting op die internet beskikbaar. Ja, jou spaarrekeninge en geldmarkrekeninge is goeie maniere om jou geld te beskerm terwyl jy ‘n bietjie rente verdien. As jy egter ‘n hoër opbrengs wil ontvang, moet jy ‘n mate van risiko neem. Hoe hoër die risiko, hoe hoër die opbrengs. (2) Kry raad. ‘Sonder beraadslaging loop planne skeef. Sukses is afhanklik van baie raadgewers’ (Spreuke 15:22 NLV). ‘n Goeie finansiële konsultant sal jou help om ‘n plan volgens jou ouderdom, toleransie vir risiko’s en beleggingsdoelwitte daar te stel. Praat met vriende en familie wat beleggings gemaak het; leer uit hul ervarings. Maak ook seker dat jy die Heilige Gees se leiding soek. Hy word die ‘Raadgewer’ genoem, omdat Hy jou in elke area van jou lewe kan lei (sien Johannes 14:26). 3) Begin beweeg. Tyd is geld. Jy kan bankrot speel terwyl jy vir groot dinge soos jou kinders se universiteitsopleiding of jou aftrede probeer spaar, as jy nie voordeel uit die hoë opbrengste wat die aandelemark en ander beleggings oor 'n lang tydperk bied, trek nie. Maak ook seker om op God se Woord te staan en Hom te vertrou: ‘Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word…’ (Deuteronomium 8:18 NLV). Solank as wat jou beweegrede is om God se wil te doen en ander mense te seën, kan jy vir God vra om jou met sukses te seën, en Hy sal.
19 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min