Nuwe stelsel skep vragmotor orde op Walvis

Loading player...
Die Walvis Bay Truck Park and Staging Area het 'n moderne kaartjie- en skeduleringstelsel bekend gestel wat vragmotortoegang tot die hawe en belangrike logistieke terminale reguleer. Die fasiliteit sal ook veilige parkering, rusareas en noodsaaklike dienste vir bestuurders bied, wat sal help om orde op openbare paaie te herstel en die druk op plaaslike infrastruktuur te verminder. Tans ry tot 600 vragmotors daagliks deur Walvisbaai, 'n volume wat geweldige druk op paaie plaas en beduidende verkeers- en veiligheidskwessies veroorsaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Dries Oberholzer van NKNO Fuels Namibia oor die inisiatief gepraat.
21 Oct 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NHE misluk terwyl Shack Dwellers voort bou

Terwyl die Nasionale Behuisingsonderneming ver agterstallig is met die verskaffing van lae-inkomste behuising, woeker die Shack Dwellers Federation voort. Die onderneming het in die afgelope boekjaar 112 huise gelewer terwyl die fedrasie teen die einde van die maand meer as 3 000 huise sal oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het met…
2 Mar 11PM 1 min

Onafhanklikheid sal in alle streke gehou word

Namibië vier vanjaar op 21 Maart die land se onafhanklikheidwording 36 jaar gelede, op 21 Maart 1990. Anders as in die verlede sal die amptelike viering nie in 'n spesifieke streek plaasvind nie, maar in al 14 streke. Inligtingminister Emma Theofelus het die aankondiging gemaak.
2 Mar 10PM 1 min

Trump praat vir die eerste keer oor oorlog

Amerikaanse president Donald Trump het Maandag vir die eerste keer sedert die aanvalle op Iran begin het by die Withuis gepraat en gesê grootskaalse gevegsoperasies gaan voort. Hy sê die VSA is reeds aansienlik voor sy aanvanklike tydprojeksies van vier tot vyf weke om die Iranse leierskap uit te wis,…
2 Mar 10PM 1 min