SA se paroolstelsel is gebrekkig

Loading player...
Die UDM-vroueorganisasie sê tot die land se paroolstelsel herbou word op die beginsels van aanspreeklikheid en deursigtigheid, bly dit ʼn gevaar vir die mense wat dit veronderstel is om te beskerm. Die ouditeur-generaal se onlangse bevindings oor swakhede in die Departement van Korrektiewe Dienste ontbloot ernstige en voortslepende leemtes in die land se paroolstelsel. Die organisasie se sekretaris-generaal, Thandi Nontenja, sê slagoffers moet die middelpunt van paroolbesluite wees en hulle veiligheid moet meer gewig dra as administratiewe gerief:
21 Oct 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NHE misluk terwyl Shack Dwellers voort bou

Terwyl die Nasionale Behuisingsonderneming ver agterstallig is met die verskaffing van lae-inkomste behuising, woeker die Shack Dwellers Federation voort. Die onderneming het in die afgelope boekjaar 112 huise gelewer terwyl die fedrasie teen die einde van die maand meer as 3 000 huise sal oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het met…
2 Mar 11PM 1 min

Onafhanklikheid sal in alle streke gehou word

Namibië vier vanjaar op 21 Maart die land se onafhanklikheidwording 36 jaar gelede, op 21 Maart 1990. Anders as in die verlede sal die amptelike viering nie in 'n spesifieke streek plaasvind nie, maar in al 14 streke. Inligtingminister Emma Theofelus het die aankondiging gemaak.
2 Mar 10PM 1 min

Trump praat vir die eerste keer oor oorlog

Amerikaanse president Donald Trump het Maandag vir die eerste keer sedert die aanvalle op Iran begin het by die Withuis gepraat en gesê grootskaalse gevegsoperasies gaan voort. Hy sê die VSA is reeds aansienlik voor sy aanvanklike tydprojeksies van vier tot vyf weke om die Iranse leierskap uit te wis,…
2 Mar 10PM 1 min