Australië en VSA onderteken kritieke minerale ooreenkoms

Loading player...
President Donald Trump en die Australiese premier Anthony Albanese het 'n kritieke mineraal-ooreenkoms onderteken. Dit is daarop gemik om China se pogings vir die verskerping van beheer oor sy wêreldwye voorraad, teen te werk. China beheer tans ongeveer 70-persent van die ontginning van seldsame aardmetale en 90-persent van die verwerking van die materiale. Die ooreenkoms volg 'n week na die VSA China se uitbreiding van seldsame aardmetale-uitvoerbeheer as 'n bedreiging vir wêreldwye voorsieningskettings veroordeel het. Albanese sê die ooreenkoms is voordelig vir beide lande:
21 Oct 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NHE misluk terwyl Shack Dwellers voort bou

Terwyl die Nasionale Behuisingsonderneming ver agterstallig is met die verskaffing van lae-inkomste behuising, woeker die Shack Dwellers Federation voort. Die onderneming het in die afgelope boekjaar 112 huise gelewer terwyl die fedrasie teen die einde van die maand meer as 3 000 huise sal oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het met…
2 Mar 11PM 1 min

Onafhanklikheid sal in alle streke gehou word

Namibië vier vanjaar op 21 Maart die land se onafhanklikheidwording 36 jaar gelede, op 21 Maart 1990. Anders as in die verlede sal die amptelike viering nie in 'n spesifieke streek plaasvind nie, maar in al 14 streke. Inligtingminister Emma Theofelus het die aankondiging gemaak.
2 Mar 10PM 1 min

Trump praat vir die eerste keer oor oorlog

Amerikaanse president Donald Trump het Maandag vir die eerste keer sedert die aanvalle op Iran begin het by die Withuis gepraat en gesê grootskaalse gevegsoperasies gaan voort. Hy sê die VSA is reeds aansienlik voor sy aanvanklike tydprojeksies van vier tot vyf weke om die Iranse leierskap uit te wis,…
2 Mar 10PM 1 min