Venus-impakstudie voltooi, belanghebbendes moet toetree

Loading player...
SLR Environmental Consulting het sy konsep-omgewings- en sosiale impakstudie en omgewingsbestuursplan vir die voorgestelde projekontwikkeling van die Venus-olieveld in Blok 2913B in PEL 56 langs die Namibiese suidkus voltooi. TotalEnergies bedryf die blok saam met sy gesamentlike ondernemingsvennote Namcor, QatarEnergy en Impact Oil and Gas. Die projek beoog onder andere die boor van tot 40 ondersese putte. Belanghebbendes en geaffekteerde partye word genooi om die verslae te lees en openbare konsultasies oor die projek by te woon. Namcor-woordvoerder Paulo Coelho het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat vir meer.
21 Oct 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NHE misluk terwyl Shack Dwellers voort bou

Terwyl die Nasionale Behuisingsonderneming ver agterstallig is met die verskaffing van lae-inkomste behuising, woeker die Shack Dwellers Federation voort. Die onderneming het in die afgelope boekjaar 112 huise gelewer terwyl die fedrasie teen die einde van die maand meer as 3 000 huise sal oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het met…
2 Mar 11PM 1 min

Onafhanklikheid sal in alle streke gehou word

Namibië vier vanjaar op 21 Maart die land se onafhanklikheidwording 36 jaar gelede, op 21 Maart 1990. Anders as in die verlede sal die amptelike viering nie in 'n spesifieke streek plaasvind nie, maar in al 14 streke. Inligtingminister Emma Theofelus het die aankondiging gemaak.
2 Mar 10PM 1 min

Trump praat vir die eerste keer oor oorlog

Amerikaanse president Donald Trump het Maandag vir die eerste keer sedert die aanvalle op Iran begin het by die Withuis gepraat en gesê grootskaalse gevegsoperasies gaan voort. Hy sê die VSA is reeds aansienlik voor sy aanvanklike tydprojeksies van vier tot vyf weke om die Iranse leierskap uit te wis,…
2 Mar 10PM 1 min