Werkers by Nored, die noordelike kragverspreider, staak sedert Donderdag na die Oshakati-hoërhof die dringende aansoek wat deur die maatskappy gebring is om die staking te keer, van die hand gewys het. Noodsaaklike dienste is gestaak en skole in die noordelike streek is gesluit weens kragonderbrekings. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê sy land het ’n versoek van Amerika goedgekeur om Britse Weermagbasisse te gebruik vir verdedigende aanvalle teen Iran. Die Lugmagbasisse is Fairford in Gloucestershire en die hoogs omstrede Diego Garcia op die Chagos-eilande. Starmer het herhaal dat Brittanje nie betrokke was in Saterdag…
Die konstruksie van nuwe sportvelde in die Mukwe- en Rundu-landelike kiesafdelings word vir hierdie boekjaar beplan, het streeksowerhede tydens 'n baanbrekerseremonie in Divundu aangekondig. Kavango Oos se goewerneur, Hamunyera Hambyuka, het gesê die belegging is daarop gemik om die langdurige tekort aan kwaliteit sportinfrastruktuur in die twee kiesafdelings aan te…
Suid-Afrika moenie die negatiewe ekonomiese gevolge en dié vir sakeondernemings onderskat wat die Amerikaans-Israelse aanvalle op Iran moontlik vir baie lande kan inhou nie. Dit is die mening van professor Raymond Parsons van die Noordwes-universiteit. Sedert die aanvalle het oliepryse wêreldwyd skerp gestyg. Parsons sê die jongste geopolitieke verwikkelinge het…
Die Kankervereniging van Nambië het 'n chemoterapiesentrum by die Walvisbaai-staatshospitaal oorhandig. Dit beteken kuspasiënte hoef nie meer na Windhoek te reis vir kankerbehandeling nie. Swakop Uranium het meer as 2 miljoen Namibiese dollar vir die fasiliteit bygedra. Die vereniging se uitvoerende hoof Rolf Hansen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.