
Ekonoom waarsku oor werklike impak van Iran-konflik
Loading player...
Suid-Afrika moenie die negatiewe ekonomiese gevolge en dié vir sakeondernemings onderskat wat die Amerikaans-Israelse aanvalle op Iran moontlik vir baie lande kan inhou nie. Dit is die mening van professor Raymond Parsons van die Noordwes-universiteit. Sedert die aanvalle het oliepryse wêreldwyd skerp gestyg. Parsons sê die jongste geopolitieke verwikkelinge het belangrike vrae laat ontstaan oor die toekomstige bestendigheid van die Midde-Oosterse politieke ekonomie:

