Premier moet ondersoek instel na olifant-gevare by Kamanjab

Loading player...
Weke nadat 'n olifant naby Onawa-dorpie in die Omusati-streek doodgeskiet is, het die United Democratic Front-parlementslid Nico Somaeb in die parlement kommer uitgespreek oor olifante wat mens-dier-konflik rondom Kamanjab veroorsaak. Somaeb het die premier versoek om maniere te vind om die situasie te hanteer voordat ernstige voorvalle plaasvind. Eerste minister Elijah Ngurare het gesê die regering sal die saak ondersoek.
29 Oct 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe sportvelde in Kavango Oos

Die konstruksie van nuwe sportvelde in die Mukwe- en Rundu-landelike kiesafdelings word vir hierdie boekjaar beplan, het streeksowerhede tydens 'n baanbrekerseremonie in Divundu aangekondig. Kavango Oos se goewerneur, Hamunyera Hambyuka, het gesê die belegging is daarop gemik om die langdurige tekort aan kwaliteit sportinfrastruktuur in die twee kiesafdelings aan te…
2 Mar 5AM 1 min

Ekonoom waarsku oor werklike impak van Iran-konflik

Suid-Afrika moenie die negatiewe ekonomiese gevolge en dié vir sakeondernemings onderskat wat die Amerikaans-Israelse aanvalle op Iran moontlik vir baie lande kan inhou nie. Dit is die mening van professor Raymond Parsons van die Noordwes-universiteit. Sedert die aanvalle het oliepryse wêreldwyd skerp gestyg. Parsons sê die jongste geopolitieke verwikkelinge het…
2 Mar 5AM 1 min

Chemoterapie nou beskikbaar aan die kus

Die Kankervereniging van Nambië het 'n chemoterapiesentrum by die Walvisbaai-staatshospitaal oorhandig. Dit beteken kuspasiënte hoef nie meer na Windhoek te reis vir kankerbehandeling nie. Swakop Uranium het meer as 2 miljoen Namibiese dollar vir die fasiliteit bygedra. Die vereniging se uitvoerende hoof Rolf Hansen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
2 Mar 4AM 1 min

Midde-Ooste: Namibië moet nuwe markte vind vir energiesekerheid

Petrolpryse vir Maart is Vrydag as onveranderd aangekondig, ‘n dag voor die oorlog in die Midde-Ooste uitgebreek het. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, petroleum ekonoom in die energie-ministerie gepraat. Hy sê die ministerie is uiters bekommerd oor die gebeure in die Midde-Ooste en nuwe markte sal ondersoek moet…
2 Mar 4AM 1 min

E-geldstelsel ontvang steun van Shafudah

Namibië se finansiële landskap is gereed vir 'n geskiedkundige verskuiwing, met Instant Payments Namibia wat sterk steun van finansminister Erica Shafudah vir die land se eerste vinnige e-geldstelsel geniet. Marsorry Ickua, hoofbedryfsbeampte van Instant Payments Namibia, sê dié skuif sal kontantuitbetalings aan maatskaplike toelaes uitfaseer.
2 Mar 4AM 1 min