Woord vir Vandag - 2 Nov 2025

Loading player...
“…volgens die geestelike toerusting wat God aan jou toebedeel het.” Romeine 12:3 NLV

Hoe jou geloof resultate kan lewer (2)

Dank God dat geloof nie net vir diep geestelike mense bedoel is nie. As dit die geval is, sou ons almal in die moeilikheid wees! Ons is geneig om te dink dat geloof eksklusief aan mense soos Abraham, Moses, Elia, Samuel, Dawid, Daniël, Petrus en Paulus behoort. Hulle was inderdaad almal helde van geloof, maar geloof behoort nie alleenlik aan hulle nie. Die Bybel sê dat God geestelike toerusting aan ons almal gegee het. Niemand sal die hemel misloop omdat hy of sy nie genoeg geloof ontvang het om in die Here Jesus te glo en gered te word nie (sien Handelinge 16:31). God het nie bedoel dat ons net geloof sal hê nie, maar dat ons deur geloof sal lewe. Drie keer verseker die Nuwe Testament ons dat: ‘Dié mense wat my wil doen, sal uit die geloof lewe…’ (Hebreërs 10:38 NLV). Jy antwoord: ‘Ja, maar daardie Bybelse helde van geloof se geloof was groot; my geloof is so klein!’ Het jy geweet dat die apostels ook so gevoel het? Hulle het vir Jesus gesê: ‘…Help ons. Ons het meer geloof nodig’ (Lukas 17:5 NLV). Jesus het geantwoord: ‘…Al sou julle maar net ‘n geloof só klein soos ‘n mosterdsaadjie gehad het, sou julle aan hierdie moerbeiboom gesê het: ‘Ontwortel jouself en gaan verplant jou in die see,’ – hy sou julle gehoorsaam!’ (vers 6 NLV). Soos so baie van ons, het die apostels gedink dat hulle meer geloof nodig het. Jesus het hierdie geestelik verlammende wanpersepsie egter reggestel deur vir hulle te sê dat jy het nie ‘n trok vol geloof nodig het om wonderlike resultate te sien nie. ‘Geloof so klein soos 'n mosterdsaadjie’ kan wonderlike resultate teweegbring. Wanneer jy die geloof wat jy reeds gegee het in aksie omskep, sê Jesus dat dit resultate sal lewer!
29 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min