Woord vir Vandag - 5 Nov 2025

Loading player...
“In my nood het ek na die Here geroep en Hy het my gebed verhoor.” Psalm 120:1 NLV

911-gebede

Die 911 noodstelsel in Amerika is ‘n wonderlike stelsel. Op die meeste plekke in Amerika hoef jy net daardie nommer te skakel om onmiddellik aan ‘n beampte deurgeskakel te word. Die beampte sien onmiddellik op ‘n rekenaarskerm die persoon wat die oproep maak se telefoonnommer, adres en die naam waaronder die nommer gelys is. Die polisie, brandweer en paramedici luister ook na die oproep. ‘n Inbeller hoef niks te sê sodra die oproep gemaak is nie. Selfs ‘n hoes of histeriese gehuil sal ‘n vinnige reaksie tot gevolg hê. Die beampte weet waar die oproep vandaan kom en hulp word dadelik soontoe gestuur. Soms is ons situasie so dringend en desperaat dat ons dit nie in woorde kan omskryf nie, daarom stuur ons die 911-gebed op: ‘Here, ek het u hulp nodig!’ Hulp is dadelik op pad. ‘Ek sal hulle antwoord nog voor hulle na My roep. Terwyl hulle vra sal Ek hulle gebede verhoor’ (Jesaja 65:24 NLV). Soms voel jy die effek van iets, maar jy verstaan nie die oorsaak daarvan en jy kan dit nie verduidelik nie. Dis wanneer die inwonende krag van God se Gees jou te hulp snel: ‘Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid. Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie. Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie. Dié God wat die dieptes van elke hart deurgrond, weet wat die Gees in die oog het – dat Hy in harmonie met God se wil vir die gelowiges intree. En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe’ (Romeine 8:26-28 NLV).
29 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min