Woord vir Vandag - 7 Nov 2025

Loading player...
“…ons vra julle om erkenning te gee aan die mense wat hard onder julle werk. Hulle is julle leiers in die Here se werk en hou julle op die regte pad.” 1 Tessalonisense 5:12 NLV

Bewys waardering teenoor jou pastoor

Paulus skryf aan die gemeente in Tessalonika en sê: ‘Liewe broers en susters, ons vra julle om erkenning te gee aan die mense wat hard onder julle werk. Hulle is julle leiers in die Here se werk en hou julle op die regte pad. Ter wille van die taak wat hulle het, moet julle met liefde baie eerbied aan hulle betoon…’ (verse 12-13 NLV). Oorweeg hierdie statistieke van die een-en-twintigste eeu: 1) Vyftig persent van predikers voel so moedeloos dat hulle die bediening sou verlaat as hulle kon, maar hulle ken geen ander manier om ‘n bestaan te maak nie. 2) Vyftig persent van predikante sal nie vyf jaar in die bediening uithou nie. (3) Slegs een uit elke tien predikante sal as predikante in een of ander hoedanigheid aftree. 4) In Amerika het daar in 2011 elke maand meer as ‘n duisend sewehonderd predikante die bediening verlaat. Daar is baie redes waarom predikers die bediening verlaat. Een rede is onvoldoende finansiële ondersteuning en stres op die gesin. Paulus spreek dit aan: ‘Ouderlinge wat hulle werk goed doen, moet ook goed betaal word, veral dié wat hard werk in prediking én lering. Want die Skrif sê: ‘Moenie ‘n os verhinder om te eet terwyl hy die graan uittrap nie.’ En op ‘n ander plek: ‘Dié wat werk, verdien hulle loon’’ (1 Timoteus 5:17-18 NLV). Sommige predikers verlaat die bediening omdat hulle dikwels die teiken van gereelde kritiek is. Paulus spreek dit as volg aan: ‘Moenie na klagtes teen ‘n ouderling luister nie, tensy daar twee of drie getuies is wat hom aankla’ (vers 19 NLV). Bid dus vir jou pastoor en maak dit ‘n punt om jou waardering te bewys. God sal jou daarvoor seën.
29 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min