Woord vir Vandag - 8 Nov 2025

Loading player...
“…julle geloof kom nie uit julleself nie, maar is ‘n gawe van God. Dit is nie die gevolg van julle dade nie…” Efesiërs 2:8-9 NLV

Jy sal nooit perfek genoeg wees nie (1)

‘n Perfeksionis streef daarna om niks minder as absolute perfeksie te bereik nie. Dorothy Littel Greco skryf: ‘Ek is al my lewe lank ‘n perfeksionis. Ek moes A's op skool kry, moes wen en moes almal tevrede stel. Elke fout of vermeende mislukking het ‘n stortvloed van selfveroordeling ontketen. Perfeksionisme spruit dikwels uit onsekerheid en ‘n foutiewe begrip van genade. Gedurende die eerste paar jaar behoort ouers deur hul woorde en dade te kommunikeer dat ons dierbaar is, al doen ons niks om daardie liefde te verdien nie. Nie almal van ons was egter aan die ontvangkant van sulke ouerskap nie. Daar is aan baie van ons behoeftes met frustrasie of selfs woede voldoen, wat ons as volg geïnterpreteer het: ‘Daar is iets fout met my.’ Wanneer dit die geval is, sluip skaamte mettertyd in en word ons begrip van ons eiewaarde verdraai. Die stem van perfeksionisme het toegeneem toe ek Jesus begin volg het. Ek was bang om geoordeel en uitgesluit te word, wat my gemotiveer het om my waarde aan my mede-Christene te bewys. Alhoewel ek teoreties geglo het dat ek uit genade gered is, het ek gelewe asof ek verlossing op krediet gekoop het en ‘n enorme skuld aangegaan het. Ek het geleef asof Jesus my ‘verlossingskontrak’ sou opskeur die oomblik wat ek ‘n fout maak. Toe ek begin verstaan het dat trots en ‘n vrees vir die mensdom my perfeksionisme aandryf, het ek dit as sonde bely en het perfeksionisme se wurggreep op my lewe begin verslap. Soos die Samaritaanse vrou by die put, het ek nodig gehad dat Jesus by my hart en gedagtes inbreek en my saggies na sy lewende water toe lei.’ Onthou, jy hoef nie perfek te wees om ‘n seën vir ander mense te wees nie!
29 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min