Woord vir Vandag - 9 Nov 2025

Loading player...
“Deur sy een offer het Hy al sy mense vir altyd volmaak geheilig.” Hebreërs 10:14 NLV

Jy sal nooit perfek genoeg wees nie (2)

Dorothy Littell Greco skryf: ‘Vir sommige perfeksioniste lei die vrees om ‘n fout te maak tot ‘n soort verlamming, wat ons oor elke besluit laat tob. Om jou te help onderskei of perfeksionisme in jou lewe ingesluip het, oorweeg die volgende vrae: a) Is jy gemaklik om hulp te vra, of is jy slegs gemaklik om dit aan te bied? b) Is jy in staat om gepaste kritiek te ontvang sonder om verdedigend te wees? c) Het jy ‘n knaende oortuiging dat jy op een of ander manier tekort skiet? d) Kritiseer jy jouself aanhoudend? e) Is jy in staat om vreugde te ervaar? ‘n Afwesigheid van vreugde kan een van die grootste tekens van perfeksionisme wees. Dit pers stadig die vreugde uit die lewe uit deur kreatiwiteit te verminder, foute te beklemtoon en ons slawe van sukses te maak.’ Die waarheid is dat dit nie saak maak hoe hard ons probeer nie, ons sal nooit perfek genoeg wees om ons sondeskuld af te betaal nie. Ons hoef nie te wees nie! ‘Maar ons Hoëpriester het vir die sondes net een offer vir alle tye gebring en daarna op die ereplek aan die regterhand van God gaan sit… Deur sy een offer het Hy al sy mense vir altyd volmaak geheilig’ (verse 12,14 NLV). Wanneer God jou perfek maak, gaan dit vir ewig wees en sodra jy hierdie waarheid begin verstaan, sal dit jou lewe verander. Gigi Graham Tchividjian sê: ‘Ons hoef nie perfek te wees om ‘n seën vir ander te wees nie. Ons moet net eerlik wees, op sy volmaaktheid vertrou om ons onvolmaaktheid te bedek en weet dat ons uiteindelik eendag alles sal wees waarvoor Christus ons gered het en wil hê ons moet wees.’
29 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min