Geen verrassing dat Trump Cuomo ondersteun nie

Loading player...
President Donald Trump van Amerika het New Yorkers aangemoedig om in vandag se burgemeestersverkiesing vir voormalige goewerneur Andrew Cuomo te stem. Hy voeg by die stad het geen kans op sukses of selfs oorlewing onder Zohran Mamdani se leierskap nie. Volgens meningspeilings is Mamdani, die Demokrate se kandidaat, voor Cuomo, wat as Onafhanklike deelneem nadat Mamdani hom in die Demokrate se benoemingsverkiesing uitgestof het. Die Republikeinse kandidaat, Curtis Sliwa, is laaste. Mamdani sê hy is nie verbaas dat Trump vir Cuomo ondersteun nie:
4 Nov 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

UDM wil steun in Oos-Kaap herbou

Die UDM sê hy is vol vertroue dat die party steun in die Oos-Kaap sal herbou voor die plaaslike regeringsverkiesing later vanjaar. Leier Bantu Holomisa het in 'n toespraak voor die party se provinsiale raad in Mthatha, planne vir hernuwing uiteengesit en die belangrikheid van koalisiebestuur beklemtoon. Hy sê die…
1 Mar 5AM 1 min

Ramaphosa pleit vir vrede in Midde-Ooste

President Cyril Ramaphosa is diep kommer oor die toenemende spanning in die Midde-Ooste en waarsku dit is 'n ernstige bedreiging vir streeks- en wêreldvrede. Ramaphosa het alle partye aangespoor om maksimum selfbeheersing uit te oefen en ingevolge internasionale reg en die VN-Handves op te tree. Ramaphosa se woordvoerder Vincent Magwenya…
1 Mar 4AM 1 min

BEE hier om te bly, sê Mashatile

Swart ekonomiese bemagtiging sal nie geskrap word nie, sê adjunkpresident Paul Mashatile. Mashatile het tydens die tweede eerlike dialoog oor swart ekonomiese bemagtiging in Durban die noodsaak beklemtoon om diepgewortelde ekonomiese ongelykhede aan te spreek. Hy het erken daar is uitdagings met implementering, maar het praktiese optrede beklemtoon ten einde…
1 Mar 3AM 1 min

Vonke spat oor komitee wat SAPD ondersoek

Die Activists and Citizens Forum sê die geloofwaardigheid van die parlementêre ad hoc-komitee op beweerde korrupsie en wanbestuur in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is in die weegskaal ná 'n onstuimige week van verrigtinge. Woordvoerder Dennis Bloem het die hantering van getuies, insluitend die Noordwes-sakeman Brown Mogotsi, en die forensiese ondersoeker Paul…
1 Mar 3AM 1 min

TalentsBridge 'n brug na Duitsland

TalentsBridge Namibia, wat in samewerking met die Berlynse Kamer van Handel en Nywerheid en TalentsBridge e.V. bekendgestel is, is daarop gemik om die land se hoë jeugwerkloosheid aan te pak, terwyl dit Duitsland sal help om in sy groeiende vraag na geskoolde werkers te voorsien. Die program sal na verwagting…
1 Mar 1AM 1 min