
Vonke spat oor komitee wat SAPD ondersoek
Loading player...
Die Activists and Citizens Forum sê die geloofwaardigheid van die parlementêre ad hoc-komitee op beweerde korrupsie en wanbestuur in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is in die weegskaal ná 'n onstuimige week van verrigtinge. Woordvoerder Dennis Bloem het die hantering van getuies, insluitend die Noordwes-sakeman Brown Mogotsi, en die forensiese ondersoeker Paul O'Sullivan, gekritiseer en die behandeling van die voormalige Nasionale Polisiekommissaris Khomotso Phahlane veroordeel. Hy het die komitee aangespoor om die publiek se vertroue te herstel:

