Plofstofkenner gearresteer by G20-leiersberaad-lokaal

Loading player...
Die bedryfsdirekteur en plofstofdeskundige van Gauntlet Security Solutions, Jimmy Roodt, is by die Nasrec-uitstalsentrum in Soweto in hegtenis geneem vir betreding. Die G20-leiersberaad word later die maand daar gehou. Roodt het onlangs gesê die land se belangrikste internasionale lughawens kan gevaarlik onvoorbereid wees vir 'n bomdreigement. Die regering se adjunk-woordvoerder, William Baloyi, sê Roodt se teenwoordigheid by Nasrec was 'n poging om sy leuen te bewys dat Suid-Afrika se veiligheidstelsel nie gereed is om die beraad te beveilig nie:
4 Nov 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rassie se Kersdag-stappie lok honderde

'n Groot feestelike skare het Donderdag saam met die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus 'n Kersoggend-staptog langs die Blouberg-kus aangepak en 'n informele idee in 'n gemeenskapstradisie omskep wat al hoe gewilder word. Die ses-kilometer lange kusuitstappie, wat om sesuur die oggend buite 'n strandrestaurant in Bloubergstrand begin het, het honderde plaaslike…
26 Dec 2AM 1 min

Windhoek verwelkom vier Kersbabas

Die Stad Windhoek het minstens vier nuwe Namibiërtjies op Kersdag verwelkom. Twee babas, 'n seuntjie en dogtertjie, is by die Windhoek Sentraal-hospitaal gebore, en nog twee babas by die Katutura Kraamsaal. 'n Verpleegster en vroedvrou by Windhoek Sentraal, Jennifer Swartbooi, het met die NBC gepraat:
26 Dec 12AM 1 min

Korrupsie 'het apartheid vervang in te veel regeringsfasette'

Die Anglikaanse aartsbiskop Thabo Makgoba sê Suid-Afrika het 'n lang koloniale geskiedenis, apartheid, gedwonge verskuiwings en gedwonge armoede. In sy jaarlikse Kersboodskap by die St. Georges-katedraal in Kaapstad het die aartsbiskop gesê dit is ongelukkig dat nepotisme, eiebelang, korrupsie en diefstal van die armes nou apartheid in te veel afdelings…
26 Dec 12AM 1 min

DJ Warras-moord 'n 'poging tot intimidasie'

'n Sekuriteitstrateeg en voormalige Interpol-ambassadeur, Andy Mashaile sê die moord op Warrick “DJ Warras” Stock dui op misdadigers se pogings om vrees in te boesem en die samelewing te intimideer. Die Polisie het berig dat drie mans, wat almal op geslotebaankameras vasgevang is, in verband met die aanval in hegtenis…
25 Dec 11PM 1 min

Goeie reënval in komende dae verwag

Seker die beste Kersgeskenk wat 'n droë land soos Namibië kan kry, is voorspellings dat die reënweer gaan voortduur. Te midde van gerugte dat 'n droë El Nino vinnig op pad is, sê die plaaslike weerkenner George van der Merwe daar is tans niks om oor bekommerd te wees nie…
25 Dec 4AM 1 min