Kommissie bevestig sluipmoordpoging op Brown Mogotsi

Loading player...
Die Madlanga-kommissie het berigte bevestig van ʼn vermeende sluipmoordpoging op die omstrede sakeman Brown Mogotsi gisteraand in Vosloorus aan die Gautengse Oos-Rand. Volgens berigte het onbekende gewapende mans op sy voertuig losgebrand, maar dis nie in hierdie stadium bekend of hy in die voertuig was nie. Mogotsi se naam duik gereeld op in ondersoeke na beweerde verrotting in die Polisiediens. Die kommissie se woordvoerder, Jeremy Michaels, het aan die SABC gesê hulle is bekommerd oor Mogotsi se veiligheid:
4 Nov 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rassie se Kersdag-stappie lok honderde

'n Groot feestelike skare het Donderdag saam met die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus 'n Kersoggend-staptog langs die Blouberg-kus aangepak en 'n informele idee in 'n gemeenskapstradisie omskep wat al hoe gewilder word. Die ses-kilometer lange kusuitstappie, wat om sesuur die oggend buite 'n strandrestaurant in Bloubergstrand begin het, het honderde plaaslike…
26 Dec 2AM 1 min

Windhoek verwelkom vier Kersbabas

Die Stad Windhoek het minstens vier nuwe Namibiërtjies op Kersdag verwelkom. Twee babas, 'n seuntjie en dogtertjie, is by die Windhoek Sentraal-hospitaal gebore, en nog twee babas by die Katutura Kraamsaal. 'n Verpleegster en vroedvrou by Windhoek Sentraal, Jennifer Swartbooi, het met die NBC gepraat:
26 Dec 12AM 1 min

Korrupsie 'het apartheid vervang in te veel regeringsfasette'

Die Anglikaanse aartsbiskop Thabo Makgoba sê Suid-Afrika het 'n lang koloniale geskiedenis, apartheid, gedwonge verskuiwings en gedwonge armoede. In sy jaarlikse Kersboodskap by die St. Georges-katedraal in Kaapstad het die aartsbiskop gesê dit is ongelukkig dat nepotisme, eiebelang, korrupsie en diefstal van die armes nou apartheid in te veel afdelings…
26 Dec 12AM 1 min

DJ Warras-moord 'n 'poging tot intimidasie'

'n Sekuriteitstrateeg en voormalige Interpol-ambassadeur, Andy Mashaile sê die moord op Warrick “DJ Warras” Stock dui op misdadigers se pogings om vrees in te boesem en die samelewing te intimideer. Die Polisie het berig dat drie mans, wat almal op geslotebaankameras vasgevang is, in verband met die aanval in hegtenis…
25 Dec 11PM 1 min

Goeie reënval in komende dae verwag

Seker die beste Kersgeskenk wat 'n droë land soos Namibië kan kry, is voorspellings dat die reënweer gaan voortduur. Te midde van gerugte dat 'n droë El Nino vinnig op pad is, sê die plaaslike weerkenner George van der Merwe daar is tans niks om oor bekommerd te wees nie…
25 Dec 4AM 1 min