Die VN se sekretaris-generaal het sy kommer uitgespreek oor toegang tot Gaza. Hy sê die VN staan gereed met oorgenoeg hulpvoorrade om Palestyne by te staan.
Die Stad Windhoek het minstens vier nuwe Namibiërtjies op Kersdag verwelkom. Twee babas, 'n seuntjie en dogtertjie, is by die Windhoek Sentraal-hospitaal gebore, en nog twee babas by die Katutura Kraamsaal. 'n Verpleegster en vroedvrou by Windhoek Sentraal, Jennifer Swartbooi, het met die NBC gepraat:
Die Anglikaanse aartsbiskop Thabo Makgoba sê Suid-Afrika het 'n lang koloniale geskiedenis, apartheid, gedwonge verskuiwings en gedwonge armoede. In sy jaarlikse Kersboodskap by die St. Georges-katedraal in Kaapstad het die aartsbiskop gesê dit is ongelukkig dat nepotisme, eiebelang, korrupsie en diefstal van die armes nou apartheid in te veel afdelings…
'n Sekuriteitstrateeg en voormalige Interpol-ambassadeur, Andy Mashaile sê die moord op Warrick “DJ Warras” Stock dui op misdadigers se pogings om vrees in te boesem en die samelewing te intimideer. Die Polisie het berig dat drie mans, wat almal op geslotebaankameras vasgevang is, in verband met die aanval in hegtenis…
Seker die beste Kersgeskenk wat 'n droë land soos Namibië kan kry, is voorspellings dat die reënweer gaan voortduur. Te midde van gerugte dat 'n droë El Nino vinnig op pad is, sê die plaaslike weerkenner George van der Merwe daar is tans niks om oor bekommerd te wees nie…
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het die wydverspreide en onwettige delwery van minerale in en om gemeenskappe in Noordwes veroordeel. Minstens 21 mense is in hegtenis geneem sedert optrede teen onwettige mynbou in Bapong begin het. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, het die vakbond se eis vir die nasionalisering van…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.