SA se oorvol tronke... 65 000 aangehoudenes sonder beddens

Loading player...
RISE Mzansi sê Suid-Afrika se gevangenisse is oorvol, met ongevonniste gevangenes wat aansienlik tot die krisis bydra. Mabine Seabe van die party sê volgens die Departement van Korrektiewe Dienste se 2024/25-verslag is fasiliteite 61-persent bo kapasiteit, wat 65 000 gevangenes sonder beddens laat. Die Oos-Kaap staar die ergste oorbevolking in die gesig, met Butterworth se aanhoudingsfasiliteit wat 231-persent vol is. Seabe doen 'n beroep op alternatiewe vonnisoplegging, herstellende geregtigheid en maatreëls om die risiko te verminder dat gevangenes by bendes aansluit:
6 Nov 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

UDM wil steun in Oos-Kaap herbou

Die UDM sê hy is vol vertroue dat die party steun in die Oos-Kaap sal herbou voor die plaaslike regeringsverkiesing later vanjaar. Leier Bantu Holomisa het in 'n toespraak voor die party se provinsiale raad in Mthatha, planne vir hernuwing uiteengesit en die belangrikheid van koalisiebestuur beklemtoon. Hy sê die…
1 Mar 5AM 1 min

Ramaphosa pleit vir vrede in Midde-Ooste

President Cyril Ramaphosa is diep kommer oor die toenemende spanning in die Midde-Ooste en waarsku dit is 'n ernstige bedreiging vir streeks- en wêreldvrede. Ramaphosa het alle partye aangespoor om maksimum selfbeheersing uit te oefen en ingevolge internasionale reg en die VN-Handves op te tree. Ramaphosa se woordvoerder Vincent Magwenya…
1 Mar 4AM 1 min

BEE hier om te bly, sê Mashatile

Swart ekonomiese bemagtiging sal nie geskrap word nie, sê adjunkpresident Paul Mashatile. Mashatile het tydens die tweede eerlike dialoog oor swart ekonomiese bemagtiging in Durban die noodsaak beklemtoon om diepgewortelde ekonomiese ongelykhede aan te spreek. Hy het erken daar is uitdagings met implementering, maar het praktiese optrede beklemtoon ten einde…
1 Mar 3AM 1 min

Vonke spat oor komitee wat SAPD ondersoek

Die Activists and Citizens Forum sê die geloofwaardigheid van die parlementêre ad hoc-komitee op beweerde korrupsie en wanbestuur in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is in die weegskaal ná 'n onstuimige week van verrigtinge. Woordvoerder Dennis Bloem het die hantering van getuies, insluitend die Noordwes-sakeman Brown Mogotsi, en die forensiese ondersoeker Paul…
1 Mar 3AM 1 min

TalentsBridge 'n brug na Duitsland

TalentsBridge Namibia, wat in samewerking met die Berlynse Kamer van Handel en Nywerheid en TalentsBridge e.V. bekendgestel is, is daarop gemik om die land se hoë jeugwerkloosheid aan te pak, terwyl dit Duitsland sal help om in sy groeiende vraag na geskoolde werkers te voorsien. Die program sal na verwagting…
1 Mar 1AM 1 min