Ná owerhede die naweek die Hyphen Energy-fasiliteit in Lüderitz besoek het, het die regering opnuut sy ondersteuning aan dié groenwaterstofprojek bevestig. Landbouminister Inge Zaamwani is van mening dat die ontwikkeling baie vir boere in omliggende areas kan beteken.
President Donald Trump het gewaarsku dat Iranse magte “van die aardbol afgevee” sal word indien hulle Amerikaanse skepe teiken. Dit volg nadat Amerika sewe Iranse snelbote in die Straat van Hormuz getref het terwyl die leër gestrande skepe uit die Golf begelei. Iran se leër waarsku hy sal op enige…
Nog koue is op die horison en die Namibiese weerkantoor voorspel steeds reën. Kosmos 94.1 Nuus het met weerkenner Albertina Anderson van die weerkantoor gepraat. Sy vertel van die gebiede wat reën kan verwag en sê dat almal maar lekker warm moet aantrek.
Die Namibiese Kamer van Omgewingsake sê dat die Namibiese Mededingingskommissie die land se gesamentlike-onderneming-toerismemodel verkeerd interpreteer en landelike belegging ondermyn, ná ’n ondersoek van stapel gestuur is na bewaringsgebiede en die toerisme-operateur Ultimate Safaris oor beweerde eksklusiewe ooreenkomste in toerismegebiede, insluitend die Brandberg-streek. Dr. Chris Brown, uitvoerende hoof van die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.