Amupanda sterk goed aan in Johannesburg

Loading player...
Die AR-leier, Job Amupanda, sê hy is op die punt van herstel en amper gereed om terug te keer na die politiek. Nadat hy verlede maand 'n suksesvolle nieroperasie in Johannesburg ondergaan het, sê Amupanda dat hy nou 90 persent herstel en gereed maak om weer die veldtog aan te pak. Kosmos 94.1 Nuus het met AR-woordvoerder en parlementslid George Kambala gesels.
7 Nov 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hyphen-projek kan baie vir boere beteken - Zaamwani

Ná owerhede die naweek die Hyphen Energy-fasiliteit in Lüderitz besoek het, het die regering opnuut sy ondersteuning aan dié groenwaterstofprojek bevestig. Landbouminister Inge Zaamwani is van mening dat die ontwikkeling baie vir boere in omliggende areas kan beteken.
5 May 1AM 1 min

Trump dreig om Iran van aardbol af te vee

President Donald Trump het gewaarsku dat Iranse magte “van die aardbol afgevee” sal word indien hulle Amerikaanse skepe teiken. Dit volg nadat Amerika sewe Iranse snelbote in die Straat van Hormuz getref het terwyl die leër gestrande skepe uit die Golf begelei. Iran se leër waarsku hy sal op enige…
5 May 1AM 1 min

Sleep jou trui, sambreel nader

Nog koue is op die horison en die Namibiese weerkantoor voorspel steeds reën. Kosmos 94.1 Nuus het met weerkenner Albertina Anderson van die weerkantoor gepraat. Sy vertel van die gebiede wat reën kan verwag en sê dat almal maar lekker warm moet aantrek.
5 May 1AM 1 min

NaCC interpreteer landelike toerisme-model verkeerd

Die Namibiese Kamer van Omgewingsake sê dat die Namibiese Mededingingskommissie die land se gesamentlike-onderneming-toerismemodel verkeerd interpreteer en landelike belegging ondermyn, ná ’n ondersoek van stapel gestuur is na bewaringsgebiede en die toerisme-operateur Ultimate Safaris oor beweerde eksklusiewe ooreenkomste in toerismegebiede, insluitend die Brandberg-streek. Dr. Chris Brown, uitvoerende hoof van die…
5 May 12AM 1 min