
Amupanda sterk goed aan in Johannesburg
Loading player...
Die AR-leier, Job Amupanda, sê hy is op die punt van herstel en amper gereed om terug te keer na die politiek. Nadat hy verlede maand 'n suksesvolle nieroperasie in Johannesburg ondergaan het, sê Amupanda dat hy nou 90 persent herstel en gereed maak om weer die veldtog aan te pak. Kosmos 94.1 Nuus het met AR-woordvoerder en parlementslid George Kambala gesels.

