Woord vir Vandag - 11 Nov 2025

Loading player...
“Ons het gawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het…” Romeine 12:6 NLV

Jy het ‘n gawe wat God kan gebruik

‘n Pastoor skryf: ‘God het ‘n onkonvensionele gawe gebruik om Dawid strategies te posisioneer. Sy gawe met die slingervel is nie die enigste voorbeeld daarvan nie. Toe Dawid op die harp gespeel het, het dit Saul se gees gesus (sien 1 Samuel 16:23). Dit is hoe Dawid vir Jonatan (koning Saul se seun) ontmoet het. Dit is hoe hy die gebruike van die koning se hof geleer het. Sonder sy musikale gawe sou David nie eers ‘n voet in die deur gekry het nie! Jy weet nooit watter gawe God vir sy doeleindes sal gebruik nie, moet dus nie jou gawe onderskat nie. God kan enigiets vir sy doeleindes gebruik, as ons bloot toelaat dat ons deur Hom gebruik word. God het Noag se bootbouvaardighede en Josef se vermoë om drome te interpreteer, gebruik. Geen gawe is onnodig of onbruikbaar in God se groot plan nie. Jy moet egter besef: die grootste psalms is onder die ergste omstandighede geskryf. Die mees vertroostende psalms is in die ongemaklikste situasies geskryf. Dawid loop deur die dal van doodskaduwee. Dawid kwel hom oor sy owerspelige verhouding met Batseba. Dawid is ‘n voortvlugtige wat in grotte wegkruip. David wou nie in enige van daardie situasies wees nie, maar dit het die diep woorde wat ons in Psalm 23, Psalm 51 en Psalm 142 lees, voortgebring. Miskien worstel jy met depressie of steier jy onder ‘n fout wat onvergeeflik lyk, of dalk is jy net siek en sat daarvan om siek en sat te voel. Jy mag dalk nie van jou huidige omstandighede hou nie, maar dit mag dalk die sleutel tot jou karakterontwikkeling wees. Karakterontwikkeling is die sleutel tot jou toekoms.’
7 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min