Woord vir Vandag - 12 Nov 2025

Loading player...
“want dit is God wat ons gemaak het wat ons is… God het hierdie goeie dinge wat ons moet doen, lank gelede gereedgemaak.” Efesiërs 2:10 ABA

God het ‘n plan vir jou lewe

‘n Dominee skryf: ‘Vir die gemiddelde oog was dit net ‘n stuk gekapte marmer. ‘n Jong kunstenaar genaamd Michelangelo het egter iets in hierdie klip gesien wat niemand anders kon nie. Om die agtien voet blok marmer te beitel, sou byna vier jaar van sy lewe in beslag neem. Hierdie oënskynlik waardelose klip was bestem om, wat baie mense beskou as die beste standbeeld wat nog ooit gebeeldhou is, te word. Michelangelo het ‘n dooie klip weer lewe gegee en deur sy kunssinnigheid daarin te blaas, het hy die Dawidbeeld tot stand gebring. Terwyl hy gebeitel het, het hy geglo dat die meesterstuk reeds binne-in die klip was. Al wat hy moes doen, was om die oortollige klip te verwyder sodat die beeld van Dawid kon ontsnap. Hy het nie gesien wat was nie, hy het gesien wat kan wees. Hy het nie die onvolmaakthede in die klip gesien nie, hy het ‘n meesterstuk van ongeëwenaarde skoonheid gesien. Dit is presies hoe die Kunstenaar [God] jou sien. ‘want dit is God wat ons gemaak het wat ons is… God het hierdie goeie dinge wat ons moet doen, lank gelede gereedgemaak.’ Elke kunswerk ontstaan in die kunstenaar se verbeelding. So het jy in die verbeelding van God ontstaan. Jy het gestalte in die verbeelding van die Almagtige gekry voordat jy gestalte in jou moeder se skoot gekry het.’ Maak nie saak wat ander van jou dink of hoe jy oor jouself dink nie, God sien jou as ‘n potensiële meesterstuk. Om jouself as enigiets anders as dit te sien, is om jou ware identiteit te devalueer en te verander. Jy ontdek ook dat God ‘n plan met jou lewe het, wanneer jy jou ware identiteit ontdek.
7 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min