Talle SA-munisipaliteite stort ineen

Loading player...
AfriForum sê 'n nuwe verslag deur die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake bevestig wydverspreide ineenstorting van munisipale regering regoor die land. Die prestasie-oorsig van 2023 tot 2024 toon dat baie munisipaliteite die huidige finansiële jaar betree het met onbefondsde begrotings, stygende skuld aan Eskom en waterrade, en gebrekkige infrastruktuur. Lambert de Klerk van AfriForum sê inwoners het te kampe met onbetroubare watervoorsiening, rioolstortings en verbrokkelende paaie namate politieke kaping en wanbestuur verdiep.
7 Nov 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hantavirus: SA-owerhede sê geen rede tot paniek nie

Die departement van gesondheid het die publiek gerusgestel en gesê daar is geen rede tot paniek na die dood van drie mense wat ná 'n Atlantiese vaart positief getoets het vir die hantavirus. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes doen kontakopsporing, terwyl die Wêreldgesondheidsorganisasie 'n internasionale reaksie lei om die…
4 May 11PM 1 min

Kimi vat sy derde in Miami

Mercedes-renjaer Kimi Antonelli het die Miami Grand Prix gewen en spog nou met sy derde agtereenvolgende wedren-sege. Die 19-jarige Italianer het Lando Norris van McLaren uitgestof en loop nou met 20 punte voor op die wêreldkampioenskap se punteleer. McLaren-renjaer Oscar Piastri is derde en Antonelli se spanmaat, George Russell, vierde…
4 May 11PM 1 min

Sunnyside ontaard in misdaadnes, sê forum

Die woordvoerder van die Activists and Citizens Forum, Dennis Bloem, sê die Pretoriase voorstad Sunnyside is skynbaar oorgeneem deur buitelandse burgers, met bewerings van wydverspreide wetteloosheid en dwelmaktiwiteite. Inwoners beweer geboue is gekaap en misdade, insluitend uitbuiting en dwelmaktiwiteite, word gepleeg sonder polisie-optrede. Bloem doen 'n beroep op die dringende…
4 May 6AM 1 min

Ontwikkeling moet verantwoordelik wees, sê Witbooi

Visepresident Lucia Witbooi sê haar besoek Sondag aan Hyphen Energy-projek in die Tsau ||Khaeb Nasionale Park het Namibië se verbintenis tot verantwoordelike ontwikkeling herbevestig. Sy het beklemtoon dat ekonomiese vooruitgang hand aan hand moet gaan met omgewingsbeskerming en die bewaring van kulturele erfenis. Witbooi het die belang van betekenisvolle deelname…
4 May 6AM 1 min

ISAP se Junior Rangers woeker in bos

Die Intelligence Support against Poaching, of ISAP, se Junior Ranger-kursus wat Saterdag begin het en tot 10 Mei duur, is in volle swang. Die kamp, wat kinders van 13 tot 18 jaar onder meer leer spoorsny, toerus met basiese oorlewingsvaardighede en ‘n magdom kennis van die natuur, kweek ook respek…
4 May 4AM 1 min