Woord vir Vandag - 16 Nov 2025

Loading player...
“Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het… Ek gaan iets nuuts doen…” Jesaja 43:18-19 NLV

Kom weer op koers

Dis tyd om weer in aanraking met wie jy regtig is en jou Godgegewe gawes te kom. Dit mag beteken dat jy dalk sekere dinge wat jy nie van jouself en jou huidige situasie hou nie, moet konfronteer. Om die proses te begin is die moeilikste deel. Een benadering om dit te doen is om jouself op te hou sien soos ander mense jou sien en jouself te begin sien soos God jou sien. Jou siening van jouself is een van die eerste dinge wat verdwyn wanneer die lewe moeilik raak, wanneer jy in siekte of skuld of ongelukkigheid vasgevang is. Kom dus weer in aanraking met daardie siening! Wanneer jy ‘n diskonneksie tussen wie jy is en hoe jy tans leef sien, moet jy die blaam en selfbeskuldiging omdat jy die pad byster geraak het, laat vaar. Wanneer jy dit doen, sal jy begin agterkom dat dit wat binne jou is, nou ook buite jou is en in jou lewe begin wys. Neem een tree op ‘n slag. Wanneer jy jouself sien soos God jou sien, kan jy jouself sien opstaan en sê: ‘Ek is hier en gereed om my gawes te gebruik om die lewe waarvoor ek bestem is, te leef!’ Dit plaas jou in ooreenstemming met God wat sê: ‘Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het. Dis niks in vergelyking met wat Ek nog gaan doen nie. Ek gaan iets nuuts doen. Dit het alreeds begin gebeur! Sien julle dit nie? Ek gaan ‘n pad maak deur die wildernis vir my volk om huis toe te kom. Ek maak vir hulle riviere in die woestyn!’
7 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min