Woord vir Vandag - 18 Nov 2025

Loading player...
“Verder, laat die vrede wat Christus bewerk het, in julle lewe skeidsregter wees…” Kolossense 3:15 NLV

Skep ‘n vredevolle atmosfeer

Hoeveel vrede stel jy ten toon? Hoe reageer jy op struikelblokke by jou werkplek? Is jy altyd gespanne en besig om te kla? Is jou lessenaar netjies en georganiseerd, of staan daar stapels papiere orals rond? Wanorde kan geestelik ontstellend wees, stres veroorsaak en jou vrede steel. Wat van jou algehele gedrag? Vererg jy jou altyd oor kollegas se foute? Ontstel die klein dingetjies jou? Besef jy dat dit ‘n baie slegte getuienis is om nie vrede, wat ‘n vrug van die Gees is, uit te straal nie? ‘Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing…’ (Galasiërs 5:22-23 NLV). Wat van jou daaglikse pendel werk toe? Sit jy in die kar met die doel om ‘n vredevolle atmosfeer te behou, ongeag die omstandighede wat jy op die pad mag teëkom? Wanneer laas het jy vir ‘n slegte of onvriendelike bestuurder gebid? Speel jy kalmerende musiek? Die regte musiek kan ‘n uitstekende bron van vrede wees. Toe koning Saul deur ‘n bose gees getreiter is, het sy amptenare vir hom gesê: ‘Laat ons iemand kry wat goed op die lier kan speel. Wanneer die bose gees u lastig val, sal die musiek u kalmeer sodat u gou weer beter sal voel’ (1 Samuel 16:16 NLV). Jesus het gesê: ‘Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle...’ (Johannes 14:27 NLV). Dit beteken dat waar jy ook al gaan, jy die vrede van God saam met jou kan neem.
7 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min