Woord vir Vandag - 19 Nov 2025

Loading player...
“’n Vrolike mens is soos goeie medisyne…” Spreuke 17:22 NLV

Lag meer gereeld

Salomo het geskryf: ‘Ek het daarom besluit dat wat die mens eintlik nodig het, vreugde is. Niks is beter as om te eet en te drink en die lewe te geniet nie. Dít kan die mens help om die sinloosheid te verwerk van hierdie lewe wat God ons gegee het’ (Prediker 8:15 DB). As jy wys is, sal jy hierdie woorde ter harte neem. Die impak van lag is goed gedokumenteer. Studies wys dat dit bloeddruk verlaag en hipertensie verminder. Dit verlaag streshormone en maak die longe en liggaamsweefsels van gestoorde, verouderde lug skoon. Dit verhoog immuunfunksies in die liggaam. Bo en behalwe al hierdie voordele, stel lag endorfiene vry - daardie ‘goedvoel’-chemikalieë in die brein wat jou gelukkig laat voel. Dis hoekom die Bybel sê: ‘’n Vrolike mens is soos goeie medisyne…’ Maak dus gebruik van elke geleentheid om lekker te lag. Lag vir jou foute - veral by die werk. Laat vaar die supervrou- of superman-beeld en begin pret hê. Dit beteken nie dat jy jou standaarde van uitnemendheid verslap nie; dit dui net aan dat jy bewus is van die feit dat jy en diegene rondom jou menslik is. Geniet dit dus; wees gereed vir ‘n grappie of twee. Moenie toelaat dat die lewe se druk en negatiewe omstandighede jou sin vir humor uitwis nie. ‘n Gelag weerspieël positiewe emosies en maak dit vir ander mense aangenaam om rondom jou te wees. Niemand geniet ‘n suurknol nie; lag kan ook jou gedagtes van dit wat vir jou stres veroorsaak, aftrek. Lag dus gereeld en onthou: ‘…die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees!’ (Nehemia 8:10 NLV).
7 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min