Woord vir Vandag - 22 Nov 2025

Loading player...
“…Net soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” Johannes 20:21 NLV

God wil deur jou werk (2)

Jesus het gesê: ‘…Ek verseker julle, die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen slegs wat Hy die Vader sien doen. Wat die Vader ook al doen, dit doen die Seun net so. Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy self doen…’ (Johannes 5:19-20 NLV). Die eise wat aan Jesus gestel is, was eindeloos. Siekes wou sy hulp hê. Die Fariseërs wou Hom by teologiese argumente betrek. Sy dissipels wou hê dat Hy na sekere plekke en nie na ander plekke toe gaan nie. Elke tree wat Jesus egter geneem het, elke daad wat Hy gedoen het en elke vraag wat Hy beantwoord het, was egter in reaksie op die leiding van sy hemelse Vader. Dis hoekom Hy nie uitgebrand geraak het nie. Dis waarom Hy op die vooraand van sy kruisiging kon sê: ‘Ek het U op aarde verheerlik deur die werk te voltooi wat U My gegee het om te doen’ (Johannes 17:4 NLV). Nou verstaan jy hoekom Jesus dikwels deurnag gebid en vroeg opgestaan het om te bid terwyl sy dissipels nog geslaap het. Hy het net een doelwit gehad: om te doen wat God wou hê Hy daardie dag moet doen. Is dit maklik om te doen? Nee. Mense sal druk op jou uitoefen en onvervulde behoeftes sal jou skuldig laat voel, tensy jy absolute duidelikheid het oor dit wat God wil hê jy moet doen. Hierdie wete verg intimiteit, afhanklikheid, sensitiwiteit en gehoorsaamheid aan God. Om so te lewe, bring egter ‘n vlak van vreugde en vervulling mee wat nêrens anders gevind kan word nie. Dit is die lewe wat jy geroep is om te leef, want Jesus het gesê: ‘…Net soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook’ (Johannes 20:21 NLV).
7 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2025

“Do you see someone who speaks in haste? There is more hope for a fool than for them.” Proverbs 29:20 NIV Don’t speak too quickly When you speak too quickly, you can send the wrong signal and get results you don’t want. This is particularly so when you’re negotiating for…
7 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2025

“Jy sien self daar is meer hoop vir ‘n dwaas as vir iemand wat praat sonder om eers te dink.” Spreuke 29:20 NLV Moenie te vinnig praat nie Wanneer jy te vinnig praat, dra jy die verkeerde boodskap oor en kry resultate wat jy nie wil hê nie. Dis veral…
7 Nov 2 min

Word for Today - 29 Nov 2025

“Like a city whose walls are broken through is a person who lacks self-control.” Proverbs 25:28 NIV Submit to the Holy Spirit In Bible times cities were built with high walls around them for protection. Why? Because an enemy strong enough to tear down those walls was strong enough to…
7 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2025

“Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos ‘n stad sonder ‘n muur wat beskerming bied.” Spreuke 25:28 NLV Onderwerp jou aan die Gees se beheer In Bybelse tye is stede met hoë mure vir beskerming rondom hulle gebou. Hoekom? Omdat ‘n vyand wat sterk genoeg was…
7 Nov 1 min

Word for Today - 28 Nov 2025

“He was moved with compassion for them.” Matthew 9:36 NKJV “Moved with compassion” Was God telling him to stay in London rather than go to China? Thomas Barnardo had come to London for missionary training, only to have a ten-year-old child show him a rooftop where eleven homeless boys were…
7 Nov 2 min