Woord vir Vandag - 23 Nov 2025

Loading player...
“Die Here kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou…” 2 Kronieke 16:9 NLV

God wil deur jou werk (3)

God is nie huiwerig of onverskillig om sy krag te wys nie. Nee, Hy soek ‘oor die hele aarde’ na mense wat toegewyd aan Hom is, sodat Hy sy krag deur hulle lewens kan openbaar! Hier is drie dinge wat jy oor God moet weet: 1) Hy is altyd op bonatuurlike maniere in ons wêreld aan die werk en Hy het baie wat Hy wil bereik. 2) Hy is aktief op die uitkyk vir toegewyde vennote – mense wat omgee waaroor Hy omgee. 3) Hy spoor mense voortdurend aan om te reageer, maar die meeste mense loop dit mis of sê nee. Vraag: Hoe sal jou lewe lyk as jy begin ja sê? ‘n Dominee skryf: ‘’n Lewe wat deur die wonderbaarlike gekenmerk word, is nie net moontlik of begeerlik nie, maar die middelpunt van God se wil vir elkeen van ons. Wanneer ons met minder tevrede is, verloor ons lewens vreugde, vervulling en doelgerigtheid. Die persoonlike behoeftes van mense wat ons ontmoet, word oor die hoof gesien. Behoeftes in ons gemeenskappe en regoor die wêreld bly onvervuld. Wanneer ‘n hele generasie met minder tevrede is, word die karakter en beweegrede van God in twyfel getrek. Dit lyk asof sy blink teenwoordigheid in die wêreld vervaag.’ Jy kan egter iets daaraan doen. Jy is gebore om God se ambassadeur te wees; om Hom elke dag sigbaar te maak (sien 2 Korintiërs 5:20). God wil graag sy krag in jou, vir jou en deur jou bewys, want elke persoon wat jy teëkom het ‘n behoefte wat slegs God kan vervul.
7 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min