Woord vir Vandag - 24 Nov 2025

Loading player...
“As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet… en jy dóén wat die wet sê… dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen.” Jakobus 1:25 NLV

‘n Verhouding gebaseer op reëls

Om hemel toe te gaan, word alleenlik op ‘n verhouding met Christus gebaseer; een waarin jy al jou vertroue in Hom plaas. Hierdie verhouding bevat ook reëls waarvolgens jy lewe en riglyne wat jou meer heilig maak. ‘n Tennisspeler kan nie tennis speel as daar geen basislyn is om hom of haar te laat weet of die bal in of uit is nie. ‘n Rugbyspeler kan nie rugby sonder ‘n doellyn speel nie. ‘n Sokkerspeler kan nie sokker sonder ‘n kantlyn speel nie. Jy kan nooit waarlik vry wees as daar nie beperkings is nie. ‘n Vis is byvoorbeeld nie vry om deur die oerwoud te wandel nie en ‘n leeu is nie vry om in die oseaan te woon nie. Hulle is nie daarvoor gemaak nie. Vryheid is om die voordele waarvoor jy geskep is, te ontvang. Vryheid beteken nie dat daar geen grense is nie. Vryheid in Christus beteken dat jy, binne die regte grense, in oorvloed kan lewe (sien Johannes 10:10). Jakobus skryf: ‘As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet… en jy dóén wat die wet sê… dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen.’ Aan die bokant van die Statue of Liberty is ‘n kroon met sewe skerp punte wat die sewe seë en sewe kontinente uitbeeld. Die simboliek daaragter is dat jy na Amerika kan kom, maak nie saak waar jy jouself bevind nie. Aan die onderkant van die standbeeld is ‘n gebreekte ketting, wat beteken dat jy na Amerika kan kom en vryheid kan vind. Wanneer jy egter na Amerika kom, moet jy instem om die reëls van die land te eerbiedig.
7 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min