Woord vir Vandag - 25 Nov 2025

Loading player...
“Ek het met hunkering op die Here gewag. Hy het afgebuig en my geroep gehoor” Psalm 40:2 NLV

Hoe om van die trapmeul af te klim

Het jy al ooit gekyk hoe ‘n hamster op ‘n wieletjie hardloop? Die hamster kyk by sy glashok uit en sien vryheid, dus besluit hy om soontoe te hardloop. Na ‘n ruk kom hy egter agter dat hy nêrens kom nie, dus hardloop hy vinniger. Hy hardloop totdat hy uitgeput is en nie verder kan hardloop nie. Kan jy met die hamster identifiseer? Jy probeer al vir jare om ‘n gewoonte te breek, maar tog is jy vandag nog steeds op dieselfde plek, of selfs op ‘n erger plek. Jy het ‘n nuwejaarsvoorneme gemaak om jou slegte gewoontes te verbreek, of ‘n beter huwelik te hê, of fiks te word, of jou finansies te verbeter. Tog is jy steeds in dieselfde posisie. Hoekom? Omdat jy die verkeerde metode gebruik! Jy kan nie jouself verander nie. Die enigste manier waarop die hamster vryheid kan smaak, is as sy eienaar hom uit sy hok tel. Hy het iemand groter as hyself, met meer krag, nodig. Dawid het gesê: ‘Ek het met hunkering op die Here gewag. Hy het afgebuig en my geroep gehoor, en my opgetel uit die afgrond van die dood, uit die modder en die slym. Hy het my voete op ‘n rots laat staan en my op vaste grond laat loop. Hy het my ‘n nuwe lied gegee, ‘n lofsang om ons God te prys. Baie sal met eerbied toekyk. Hulle sal op die Here vertrou’ (verse 2-4 NLV). Die manier om van die trapmeul af te klim is om na God te roep, en Hy sal jou vrymaak.
7 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min