Woord vir Vandag - 26 Nov 2025

Loading player...
“Yster slyp yster en so vorm vriende mekaar.” Spreuke 27:17 NLV

Die voordele van ware vriendskap

Hier is vier voordele wat ware vriendskap meebring: Eerstens, ‘n ware vriend is iemand wat, wanneer jy voel dat jy ‘n gemors van dinge gemaak het en jouself verneder het, steeds in jou glo en jou gerusstel dat jy nie permanente skade aangerig het nie. Die Bybel sê: ‘Vriende kan mekaar verwoes. Daar kan ook ‘n vriend wees vir wie jy liewer is as vir jou eie broer’ (Spreuke 18:24 NLV). Tweedens, ‘n ware vriend is iemand wat daar is wanneer die goeie tye opraak. Die Verlore Seun het tot sy seer ontdek dat wanneer jou geld opraak, baie van jou sogenaamde vriende daarmee saam verdwyn. Derdens, ‘n ware vriend is iemand wat in jou pad staan as jy op ‘n afdraande pad is. Jakobus skryf: ‘My liewe broers en susters, as een van julle van die waarheid afdwaal en iemand sou hom laat terugdraai, weet dan dat hy wat ‘n sondaar op sy dwaalweg laat terugdraai, hom uit die dood red en maak dat ‘n klomp sondes bedek word’ (Jakobus 5:19-20 NLV). Salomo skryf: ‘’n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly. Die wonde van iemand wat lief is vir jou is baie beter as die baie soene wat jou vyande jou wil gee’ (Spreuke 27:5-6 NLV). Vierdens, ‘n ware vriend is iemand wat instap wanneer die wêreld uitstap. Die Bybel sê: ‘Op ‘n vriend se lojaliteit kan jy altyd reken. Jou broer is gebore om jou te help wanneer daar probleme is’ (Spreuke 17:17 NLV). As jy sulke vriende in jou lewe het, koester hulle – hulle is ‘n gawe van God. Moet ook nie net neem nie, maar gee terug. Gaan uit jou pad uit om ‘n ware vriend vir iemand anders te wees.
7 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min