Woord vir Vandag - 28 Nov 2025

Loading player...
“Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak...” Matteus 9:36 NLV

Hy het ontroerd geraak

Het God vir hom gesê om in Londen te bly, eerder as om na China toe te gaan? Toe Thomas Barnardo na Londen gekom het om opleiding in sendingwerk te kry, het ‘n tienjarige kind hom ‘n dak gewys waar elf hawelose seuns elke nag geslaap het. Barnardo het ‘ontroerd geraak,’ en probeer om vir hulle tydelike blyplek te kry. Ander middernagtelike reise het nog hawelose kinders te voorskyn gebring. China moes wag; God het Londen vir hom gegee. Barnardo het ongeveer drieduisend eksemplare van die Skrif in kroeë en markplekke verkoop om geld vir sy werk onder die kinders in te samel. Hy is dikwels vervolg omdat hy hulle verdedig het en het selfs fisiese beserings opgedoen. Toe ‘n cholera-epidemie Londen in 1866 tref het hy onvermoeid gewerk, net om duisende te sien sterf. Sommige sou moedeloos tou opgegooi het, maar nie Barnardo nie. Hy het uiteindelik ‘n Home for Destitute Boys en later ‘n Village for Girls, geopen. Gedurende die volgende paar dekades het hy verskeie huise en dorpies gebou wat meer as sestigduisend weerlose en hawelose kinders versorg het. Gelukkig het hy lank genoeg gelewe om te sien hoe sewentien van die jongmense wat hy gered het, die bediening betree en die evangelie na vreemde lande geneem het. Jy vra: ‘Hoe kan ek seker wees dat God my vir ‘n spesifieke behoefte roep?’ Omdat jy ontroerd sal raak. ‘Toe Jesus na die baie mense kyk, het Hy ontroerd geraak oor hulle seerkry en weerloosheid. Hulle was soos skape sonder ‘n wagter wat na hulle omsien. Daarop sê Hy… ‘Die oes is groot, maar die werkers wat dit moet insamel, is so bitter min. Hierdie oes is die Here s’n. Vra Hom dan om werkers vir sy oesland te voorsien’’ (verse 36-38 NLV).
7 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min